KerkSaam-ikoon

NG Kerk Paterson

KerkSaam

Geloof · Gemeenskap · Omgee

Weekboodskap

Hoop vir die pad vorentoe

Wanneer die pad onseker voel, onthou dat ons hoop nie net op gunstige omstandighede rus nie. Ons vertroue lê in God se trou.

Volgende erediens

Diens

Sondag 4 Oktober 2026 om 09:30 · NG Kerk Paterson

Prediker: Ds Hein Barnard

Tema: Tema sal volg

Info sal volg

Sondag

09:30NG Kerk Paterson

Skriba

Gemeentekennisgewings

Gemeente

Vakante Skriba pos 1 Januarie 2027

⛪NG Kerk Paterson gaan vanaf 1 Januarie 2027'n vakante skriba pos beskikbaar hê. 📖Kontak gerus die kerkraad se voorsitter vir enige navrae of verdere kommunikasie. ⛪ op die KONTAK opsie en stuur 'n e-pos vir meer inligting.

Gemeente

Komende verjaarsdae

Philip Andre du Preez2 Oktober
Hanlie Feuth6 Oktober
Henriette Nel7 Oktober
Helena Botha9 Oktober

Komende

Volgende gebeurtenisse

Veeveiling

Donderdag 22 Oktober 2026 om 10:00

Alle verkopers of belangstellendes is welkom om Johan du Preez te kontak in verband met verkope Sel nommer 0823274248

Preston Park Veiling Krale

Geen kaartjie benodig

Kommunikasie

Kontak die gemeente

Gaan gerus na die Kontak-blad vir kerkkommunikasie, pastorale versoeke, voorstelle of algemene navrae.

Ons storie

NG Gemeente Paterson se geskiedenis

'n Kort oorsig oor die gemeente se ontstaan, vroeë jare, kerkgebou en predikante soos opgeteken in die aangehegte geskiedenisdokument.

NG Kerk Paterson se kerkgebou
Die kerkgebou van NG Gemeente Paterson.
Gestig1906
RingRing van Albanië
AdresH.v. Griffith- en Büchnerstraat, Paterson
Eerste predikantDs. H.L. Webb

Oorsig

Die NG Gemeente Paterson is 'n gemeente in die Oos-Kaaplandse Sinode met sy setel op Paterson, 75 km oos van Grahamstad, 105 km suidwes van Somerset-Oos en 72 km noordoos van Port Elizabeth. Die gemeente het in 2013 135 belydende lidmate en 35 dooplidmate gehad. Die gemeente is geleë in 'n arbeidsintensiewe landbou-omgewing waarin toerisme 'n ál belangriker rol speel. Die vernaamste landboubedrywighede is vleis-, suiwel- en wildboerdery. Die Addo-olifant Nasionale Park en Shamwari-wildreservaat is binne die gemeentegrense geleë.

Agtergrond

Die latere gemeente Paterson was oorspronklik deel van die uitgestrekte moedergemeente Uitenhage, waarvan Alexandria in 1854 afgestig is. Ten noorde word die gemeente deur die Suurberge beskerm, ten suide deur die see, terwyl die Boesmansrivier in die ooste en die Sondagsrivier in die weste hom verder insluit.

Kwaggasvlakte en John Paterson

Vanuit die distrik Alexandria, destyds bekend as Uitenhage se Olifantshoekwyk, het die grootste geselskap Voortrekkers gegaan: 50 mans, 41 vroue, 167 kinders en 62 waens, met Carel Landman as aanvoerder. Die dokument verwys hiervoor na 'n berig deur veldkornet C.V. Büchner in die Graham's Town Journal van Donderdag 2 Februarie 1837. Volgens oorlewering het hulle saamgekom en vanaf Kwaggasvlakte vertrek, 'n buurplaas van die dorpsgebied van Paterson. Die Paterson na wie die dorp genoem is, is John Paterson, 'n staatsman en handelsbaanbreker wat die eerste lid vir Port Elizabeth in die ou Kaapse Wetgewer was toe dié liggaam in 1854 opgerig is. Hy het ook die Eastern Province Herald help stig en in 1862 'n aandeel gehad in die totstandkoming van die Standard Bank.

Stigting

Voor die gemeente se stigting is hier gereeld op die sogenaamde Kerkplaas buitekerk gehou, eers vanuit Uitenhage en later Alexandria. In 1882 het die Alexandria-kerkraad 'n deeglike kerksaal op De Bruinskraal, die latere Paterson, opgerig wat tot 1906 vir buitedienste en tot 1923 as kerkgebou gebruik is. Die gebou het later jare as kerksaal gedien. In 1906 het die Ring van Albanië die grenslyne vasgestel en 'n kerkraad benoem.

Vroeë jare

Die gemeente kon reeds sy eerste pastorie in 1907 in gebruik neem. Die kerkgebou, waarvan die hoeksteen deur prof. P.J.G. de Vos op 28 April 1923 gelê is, is ontwerp deur die vermaarde Afrikaanse argitek Wynand Louw. Die gebou dien vandag nog sy oorspronklike doel. Van die gemeente se ontstaan tot omstreeks 1951 is 902 kinders gedoop, het 645 jong mense belydenis van geloof afgelê, en is 281 pare in die huwelik bevestig.

Bediening

Die eerste predikant was ds. H.L. Webb, maar hy vertoef net van 1907 tot 1908 voordat hy na die sendingveld van Masjonaland gaan. Daarna het agtereenvolgens di. J.H. Malan, D.F. Bosman, D. du P. Steyn, C. Grundlingh, G.I. Moolman, S. Murray en C.H. Kruger tot die middel van die 20ste eeu in die gemeente gestaan. Destyds is hulle bygestaan deur sowat 60 ouderlinge en diakens.

Predikante

Onlangse bediening

Gerhard Olivier2002 - 2014
Egbertus Henry Steyn2014 - 2022
Marnico Wessels2022 - 2026
Aflosleraarhuidiglik

Deursigtigheid en kerkverband

Kerkorde & Amptelike Dokumente

NG Kerk Paterson vorm deel van die Nederduitse Gereformeerde Kerk en funksioneer binne die Kerkorde, toepaslike reglemente en besluite van die kerkverband. Hierdie biblioteek skakel na die amptelike bron sodat die jongste gepubliseerde weergawe gebruik word.

Sinode

Administrasie vir kerkkantore

Huidig

Amptelike Oos-Kaaplandse vorms, POPIA-materiaal, finansiële riglyne en administratiewe dokumente.

Bron
NG Kerk in Oos-Kaapland
Weergawe
Lewende dokumenteblad
Laas geverifieer
19 Augustus 2026

Amptelike dokumente

Amptelike NG Kerk-dokumente

Huidig

Die sentrale biblioteek vir amptelike besluite, beleid, verslae, navorsing en advies.

Bron
NG Kerk Algemene Sinode
Weergawe
Lewende dokumentebiblioteek
Laas geverifieer
19 Augustus 2026

Belydenis en identiteit

Belydenis en identiteit

Huidig

Die NG Kerk se belydenisgrondslag en skakels na die ekumeniese en gereformeerde belydenisskrifte.

Bron
NG Kerk Algemene Sinode
Weergawe
Amptelike bronblad
Laas geverifieer
19 Augustus 2026

Kerkorde

Kerkorde, Bepalings en Reglemente 2025

Huidig

Die huidige Oos-Kaaplandse bundel wat die Algemene Sinode se Kerkorde met die streek se aanvullende bepalings en reglemente kombineer.

Bron
NG Kerk in Oos-Kaapland
Weergawe
Huidige Oos-Kaaplandse weergawe
Laas geverifieer
19 Augustus 2026

Kerkorde

Kerkorde en Reglemente 2023

Huidig

Die jongste amptelike Algemene Sinodale uitgawe van die NG Kerk se Kerkorde en Reglemente.

Bron
NG Kerk Algemene Sinode
Weergawe
Huidige Algemene Sinodale weergawe
Laas geverifieer
19 Augustus 2026

Geloof · Hoop · Moed

Geloof vir Elke Dag

Kyk na die jongste boodskap en ontdek vorige video’s wat geloof, hoop en moed vir die alledaagse lewe bring.

Speel tans

Alledaagse lewe

Video van @pickardhenn · 787270

Aanbidding

Eredienste

Komende dienste, temas en besonderhede op een plek.

Doopdiens

Sondag 27 September 2026 om 09:30

Prediker: Ds Daniel de Kock

Tema: Sal nog volg

Skrifgedeelte: Sal nog volg

Info sal volg

Koffie, tee en Verversings sal na die diens in kerksaal verskaf word.

NG Kerk Paterson

Diens

Sondag 4 Oktober 2026 om 09:30

Prediker: Ds Hein Barnard

Tema: Tema sal volg

Skrifgedeelte: Info sal volg

Info sal volg

NG Kerk Paterson

Gemeentelewe

Aktiwiteite

Komende gemeentegeleenthede, besonderhede en kalenderaksies op een plek.

Veeveiling

Donderdag 22 Oktober 2026 om 10:00

Alle verkopers of belangstellendes is welkom om Johan du Preez te kontak in verband met verkope Sel nommer 0823274248

Preston Park Veiling Krale

Geen kaartjie benodig

Basaar Winkel

Soek ’n produk of kies ’n tafel om beskikbare produkte en pryse te sien.

Gemeentenuus

Facebook-Nuus

Bly op hoogte met NG Kerk Paterson se jongste Facebook-plasing sonder om die KerkSaam-app te verlaat.

NG Kerk Paterson op Facebook

Jongste nuus

Maak Facebook oop

Indien Facebook nie op hierdie toestel laai nie, kies Maak Facebook oop om die plasing direk te sien.

PAYFAST

Veilige betaling aan NG Kerk Paterson

Maak ’n betaling

Kies ’n Basaar-tafel, Dankoffer of Kollekte en betaal veilig met PayFast.

Jou betaling word eers as betaal aangeteken nadat PayFast dit veilig bediener-tot-bediener bevestig het.

Kommunikasie

Kontak die gemeente

Kies die onderwerp sodat die versoek veilig na die ingestelde ontvangers geroeteer kan word.

Pastorale versoeke is sensitief en word slegs vir gemagtigde rolle sigbaar gemaak.